

Kinderwoordstudie (parashah)
Videokanaal
Om Vader se woord te bestudeer, daaroor te mediteer en bepeins, is die hoogste vorm van aanbidding.
Die Kinderparashah (porsie vir die week) bied weeklikse lesse vir kinders om die skatte van Abba Vader se woord te ontdek. Elke week word ล avontuurlustige reis aangebied deur stories van die Ou Testament. Kinders leer oor verskeie karakters in Abba Vader se woord, van Abraham tot Moses, en vele ander helde van geloof. Dit is ล tyd van ontdekking en groei van geloof, waar insig gedeel word en Abba Vader se woord bespreek word.
Deur hierdie stories ontdek kinders ook Abba Vader se liefde – ล liefde wat getrou, geduldig en onvoorwaardelik is. Hulle leer hoe Abba Vader altyd daar is om te beskerm, te lei en te voorsien, ongeag die omstandighede. Hierdie kennis van Abba se liefde help kinders om ล sterker, meer persoonlike verhouding met Hom te bou en om die krag van sy liefde in hul eie lewens te ervaar.








